Die Vrystaatse premier, Maqueen Mathae, se provinsiale openingsrede verwys met trots na die Vrystaat se potensiaal, die Gariepdam, die grootste dam in Suid-Afrika, nasionale paaie en toerisme- en ontwikkelingskorridors.
Maar infrastruktuur beteken niks as dit nie onderhou en bestuur word nie.
In Gariepdam-dorp sit inwoners sonder betroubare water. Gastehuise wat toerisme moet dra, kan nie basiese dienste lewer sonder hul eie jojo-tenks nie. Toere deur die dam, wat voorheen โn trekpleister was, is nie meer beskikbaar soos in die verlede nie.
Toespraak na toespraak word die Vrystaat se potensiaal uitgelig, maar potensiaal sonder instandhouding beteken min vir gemeenskappe wat daagliks met verval leef.
Planne word aangekondig, maar implementering bly agter. Die VF Plus verwag nie nog planne of herhaling van nasionale beleidsdokumente nie, maar โn duidelike, provinsiale implementeringsplan met konkrete tydlyne, veral rakende die bek-en-klouseer-krisis.
Die premier verwys na moontlike verbeterde entstofbeskikbaarheid en samewerking met tradisionele leiers, maar versuim om te sรช wanneer entstowwe arriveer, hoeveel beskikbaar sal wees, waar die uitrol gaan begin en of die nuut-aangestelde veeartse daadwerklik vir inentings ontplooi gaan word.
Nog ernstiger is dat georganiseerde landbou en boere, die primรชre rolspelers wat daagliks met die impak van bek-en-klouseer saamleef, nie sentraal in die strategie geplaas word nie.
Die VF Plus verwag aanspreeklikheid. Wanpresterende amptenare moet verantwoordbaar gehou word, kontrakte hersien en dissiplinรชre stappe volg waar dienslewering misluk. Dit help nie om nuwe planne aan te kondig as bestaande strukture nie funksioneer nie. Dis nie altyd nuwe poste wat nodig is nie, dis die vervanging van mense wat nie hul werk doen nie.
Intussen oorleef gemeenskappe nie danksy provinsiale ingryping nie, maar danksy hul eie mense, plaaslike ondernemings, boere en inwoners wat hande vat om basiese dienste aan die gang te hou.
Dรญt is die ware krag van die Vrystaat.


