Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaat se beursskandaal bevestig die ANC se diepgewortelde korrupsie

Die bevindinge van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) oor ongerymdhede in die Vrystaatse regering se beursskema, wys hoe endemies korrupsie en bedrog is in dié provinsie.

Dit is bloot nóg ’n hoofstuk van die lang lys skandale wat onder ANC-beheer in die Vrystaat plaasvind.

Die ANC is in werklikheid beskuldigde nommer een in hierdie saak. Indien die ouditeur-generaal (OG) nie die ongerymdhede uitgewys en die aangeleentheid vir ondersoek verwys het nie, sou daar waarskynlik geen optrede gewees het nie.

Die VF Plus verwelkom die SOE se deursigtige en deeglike ondersoek. Die ondersoek het onder meer bevind dat beurse aan familielede van amptenare toegeken is sonder om die voorgeskrewe prosesse te volg, onbevoegde persone en buitelandse burgers beurse ontvang het en sekere studente vir langer as die toegelate tydperk befonds is.

Die SOE het ook meer as R8,3 miljoen se onreëlmatige uitgawes en ernstige tekortkominge in die bestuur van die skema blootgelê.

Die ondersoek het reeds gelei tot 38 verwysings vir dissiplinêre optredes teen amptenare en die moontlike strafregtelike vervolging van sewe persone.

Maqueen Letsoha-Mathae, Vrystaat se premier, se skielike verwelkoming van die SOE se bevindinge is te min, te laat. Sy kan haar nie nou as kampvegter vir goeie bestuur voordoen terwyl hierdie ongerymdhede jare lank onder ANC-beheer plaasgevind het nie.

Die VF Plus sal die volgende stappe fyn dophou om te verseker dat daar teen skuldige persone opgetree word en verlore fondse herwin word.

Na 30 jaar van ANC-bewind kom die een skandaal ná die ander steeds aan die lig. Intussen sit inwoners daagliks sonder behoorlike dienslewering omdat korrupsie en kaderontplooiing vir die ANC belangriker as inwoners se belange is.

Dis ons tyd om die ANC se vernietigende greep op die Vrystaat te breek en korrupte kaders uit hul magsposisies te verwyder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.