Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaat-paaie: VF Plus sal departement by beloftes in Oos-Vrystaat hou

Graanprodusente in die Oos-Vrystaatse Thabo Mofutsanyana-distrik gaan tydens hierdie stroopseisoen gebuk onder die haglike toestand van padinfrastruktuur en kan beswaarlik produkte op dié gevaarlike paaie vervoer.

Die VF Plus het met distriksamptenary van die provinsiale departement van paaie en vervoer vergader om dringend met hierdie probleem te handel.

Amptenare het onderneem om materiaal om slaggate tydelik op te vul asook pype en skrapers binne die beperkte hulpbronne te voorsien. Die volgende paaie sal geprioritiseer word:

• R34 (tussen Vrede en Memel)
• R103 (tussen Warden en Villiers)
• R26 (tussen Fouriesburg en Ficksburg)

Daar is ook tydens die vergadering opnuut bevestig dat ‘n nuwe pad tussen Frankfort en Reitz gebou sal word. Boere en inwoners herstel tans dié paaie op eie koste en met eie toerusting.

Die VF Plus het groot waardering vir die landbougemeenskap wat ten spyte van haglike omstandighede steeds hul gemeenskappe dien en self oplossings vind.

Dit is egter nie volhoubaar dat die gemeenskap self paaie herstel en in stand hou nie. Dit bly die verantwoordelikheid van die regering om belastinggeld optimaal vir die provinsie se padinfrastruktuur aan te wend.

Die VF Plus sal die departement by sy beloftes hou. Suid-Afrika en sy mense verdien beter as die ANC.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.