fbpx
Vryheidsfront Plus

Vordering met waterkrisis in Govan Mbeki na VF Plus se voortdurende druk

Die VF Plus in die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit is verheug dat daar uiteindelik vordering is met die voortslepende water- en rioolkrisis nadat die Groen Skerpioene ingegryp het.

Die Groen Skerpioene sit nou die geveg in die howe voort nadat dié entiteit bevind het daar is ‘n sterk moontlikheid van erge waterbesoedeling in dié munisipaliteit (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt).

Die toetsresultate was skokkend. Daar was glo veral baie hoë vlakke van ecoli-besoedeling (riool) in plaaslike waterstelsels.

Die VF Plus veg sedert 2020 teen die voortslepende riool- en waterkrisis. Die party het onder meer in September 2021 die munisipaliteit by die Groen Skerpioene verkla. ‘n Strafregtelike saak is ook by die plaaslike polisie geopen.

Verlede jaar is dit na provinsiale vlak geëskaleer waar die VF Plus dringende mosies vir ingryping by die Mpumalanga-wetgewer ingedien het.

Die munisipaliteit sou einde Junie in die Bethal-landdroshof verskyn het, maar dit is na Augustus hierdie jaar uitgestel.

Verouderde water- en rioolstelsels en wanadministrasie het die afgelope jare bygedra tot die erge besoedeling van veral die Grootspruit- en Sekundariviere rondom Govan Mbeki. Watertoetse het bewys dat die water nie geskik is vir mens of dier nie.

Govan Mbeki se rioolwerke is in ‘n haglike toestand.

Die VF Plus versoek al sedert 2018 dat die plaaslike waterinfrastruktuur dringend opgegradeer en in stand gehou word. Dit het tot ʼn skandalige toestand verval.

Vuisvoos belastingbetalers swoeg reeds onder die knaende watertekort en verhoogde watertariewe.

Een van die bydraende faktore tot die probleem is dat die munisipaliteit pal diep in die skuld by Randwater is.

Uitstaande skuld aan verskaffers is nie die betalende inwoners se probleem nie.

Die ANC in Govan Mbeki het die eens vooruitstrewende munisipaliteit vernietig.

Inwoners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.