Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Namakwa-distrik se nalatigheid kos Hantam miljoene

Die Namakwa-distriksmunisipaliteit se gesloer met die herstel van paaie kos die Hamtam-plaaslike munisipaliteit (Calvinia, Loeriesfontein, Middelpos, Nieuwoudtville) miljoene rande.

Die probleme en toestande van die grondpaaie is die afgelope maande die kern van besprekings tussen georganiseerde landbou en die VF Plus met die Namakwa-distriksmunisipaliteit.

Tot vandag toe is daar min aandag aan die probleme gegee.

Die toestand van die grondpaaie by Middelpos, 80km vanaf Calvinia, het met die afgelope vloedskade ‘n kritieke punt van verval bereik.

Die onbegaanbaarheid van die paaie lei tot groot verliese in die landbou. Verskeie boere moet ʼn ompad van 300km na Calvinia ry.

Indien landbou in die gebied tot stilstand kom omdat boere nie hul produkte betyds by die markte kan uitbring nie, gaan dit ʼn groot finansiële dilemma vir die distriksmunisipaliteit meebring.

ʼn Voertuig van die Fidelity Security-groep is ook op die brug van die Bonekraalpad, digby Middelpos, deur vloedwaters meegesleur omdat die nodige waarskuwingstekens op die pad ontbreek het. Albei insittendes kon betyds uit die Renosterrivier gered word.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op die distriksmunisipaliteit uit te oefen om die paaie onder sy beheer te herstel om sodoende landbougemeenskappe se verliese en ook moontlike lewensverlies te beperk.

Die ANC-beheerde distriksmunisipaliteit se ongeërgdheid oor die lot van sy inwoners is onaanvaarbaar.

Die Hantam se inwoners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.