fbpx
Vryheidsfront Plus

Namakwaland en Richtersveld: Gemeenskappe, ondernemings en verskillende vlakke van regering trek saam

Die noordweste van die Noord-Kaap se krisis is gewoonlik te min reën, nie te veel nie. Dit beteken dat, ás dit oorvloedig reën, skade gewoonlik voorkom.

Gelukkig kon ondernemings, die gemeenskap en al drie sfere van regering saamwerk om die uitwerking van die onlangse vloedskade te beperk.

Oorstromings het ook lewens geëis. Dorpe soos Kleinzee is grootliks van die buitewêreld afgesny terwyl die N7 suid van Vioolsdrif onbegaanbaar is.

Die diamantmaatskappy De Beers, wat nog vir dienste in Kleinzee verantwoordelik is, het alternatiewe toegangsroetes beskikbaar gestel. ‘n Groot kleinhandelsgroep, burgerlike organisasies en toepaslike liggame van plaaslike, provinsiale en nasionale regering het ingegryp om die nood te verlig en voedsel en water beskikbaar te stel.

Boere het self ingespring om ‘n ompad rondom die beskadigde deel van die N7 te bou.

Die VF Plus in die omgewing bedank almal wat hiermee gehelp het, aangesien iets van dié aard gekoördineerde optrede verg.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.