Dit is duidelik dat oud-president Jacob Zuma skielik tot die besef gekom het dat die vooruitsig van gevangenisstraf ’n werklikheid is en dat dit nie so rooskleurig is as hy aanvanklik gedink het nie.
Sy bravade oor gevangenisstraf het skielik verdwyn en sy vroeëre uitsprake dat hy nie bang is daarvoor nie, is skielik vergete.
Zuma se versoek dat die Grondwethof sy bevel van vyftien maande gevangenisstraf herroep, wys duidelik dat hy in werklik die straf vrees.
Die Grondwethof doen alles in sy vermoë om alle regsmiddele uit te put om seker dat maak dat die hof in alle opsigte aan die grondwetlike bepalings voldoen om totaal onpartydig te wees binne die bepalings van die reg.
Daar moet nou gewag word om te sien wat die uitslag van die aansoek gaan wees.
Hierdie verwikkeling sal wel tyd koop vir Zuma om vir eers nie sy straf uit te dien nie, maar hy het nou duidelik op die harde manier geleer dat geen mens verhewe is bo die reg en dit kan uitdaag nie.