Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Splinternuwe vullisverwydering-trokke in Emfuleni staan sonder brandstof terwyl dienslewering bloei

‘n Tekort aan brandstof vir die nege splinternuwe vullisverwydering-trokke in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is die rede waarom inwoners se vullis steeds net een keer per maand verwyder kan word.

Benewens die brandstof-probleem beskik die trokbestuurders, wat deur die provinsie aangestel is, tans nie oor geskikte swaarvoertuiglisensies nie.

Die Emfuleni-munisipaliteit het onlangs nege nuwe vullisverwydering-trokke vanaf die Gautengse provinsiale regering ontvang om diensleweringsprobleme in die gebied te verlig. Dit gebeur egter nie en inwoners word gestraf vir die swak bestuur van die Emfuleni-munisipaliteit.

Die Emfuleni-munisipaliteit het ‘n vloot van 42 trokke nodig om vullisverwydering na behore uit te voer.

Tans is net drie trokke in Vanderbijlpark, drie in Vereeniging en vyf in Sebokeng in gebruik. Die res van die trokke staan reeds ses jaar in werkwinkels omdat die munisipaliteit nalaat om die diensverskaffers se rekeninge te betaal.

Die VF Plus is van mening dat hierdie weer ‘n voorbeeld van verkwisting van belastinggeld is. Dit sou meer sin gemaak het om diensverskaffers te betaal om van die bestaande trokke wat minimale herstelwerk benodig te herstel en weer in diens te stel.

Intussen neem onwettige vullisstortings toe en verander Emfuleni in ‘n vullishoop.

Die VF Plus sal nie terugstaan vir die oningeligte besluitneming van die Emfuleni-administrateur, Gilberto Martins, en sy span nie. Die party is gereeld in gesprek met dié span om hulle aan te moedig om besluite tot voordeel van belastingbetalers te neem.

Inwoners van Emfuleni word aangemoedig om seker te maak hulle is geregistreer om op 27 Oktober saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en ‘n bevoegde raad te verkies wat hul belange op die hart dra.

Navrae: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.