Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Voertuig-eienaars kan aan die pen ry oor onbevoegdheid van eNatis oor onbetaalde Telkom-rekening

Voertuig-eienaars kan nou moontlik die gevolge dra van eNatis se onvermoë om sy Telkom-rekening van R8 miljoen te betaal aangesien eienaars ingevolge die Nasionale Padverkeerswet beboet kan word indien hul voertuiglisensies nie betyds hernieu word nie, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Volgens adv. Alberts het ‘n werknemer van eNatis gister (Donderdag 20 April) aan die VF Plus erken dat hul stelsels “van lyn is” weens die uitstaande rekening en dat eNatis tans met Telkom onderhandel om ‘n oplossing te vind.

Hy sê die VF Plus het ‘n brief geskryf aan die minister van vervoer, mnr. Joe Maswanganyi, waarin hy gevra word om dringend aandag aan die probleem te skenk en om vas te stel hoe dit ontstaan het.

“Dit is skandelik dat duisende voertuig-eienaars gekriminaliseer en beboet kan word weens die onbevoegdheid van die eNatis-stelsel se bestuur. Indien daar nalatigheid betrokke was, moet die skuldiges verantwoordelik gehou word.

“Daar is na verneem word ‘n dispuut tussen Telkom en eNatis oor die rekening, maar dan moes eNatis betyds ‘n reëling getref het dat die lyne aktief bly hangende ‘n oplossing vir die dispuut.

“Voertuig-eienaars is nou uitgelewer aan ‘n disfunksionele staat net soos talle mense dit daagliks op ander gebiede ervaar. Die VF Plus versoek die minister om in belang van motoriste dringend in te gryp,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.