Die gewelddadige optogte binne Coligny in Noordwes is nie ‘n manier om geskille op te los nie, sê Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes.
Groenewald sê die VF Plus doen ‘n beroep op die polisie om alles in hul vermoë te doen om wet en orde binne die dorp te handhaaf en om beskerming te verleen en die veiligheid te verseker van die inwoners en alle eiendom binne Coligny.
Hy sê dit wil voorkom of die optogte slegs ‘n verskoning is om winkels te plunder en daar is geen bewyse dat die protes-aksie om enige ander rede plaasvind nie.
“Die motief vir die optogte word verder bevraagteken deurdat die geplundery nou ook die spaza-winkels van buitelanders teiken,” sê Groenewald.
Kontaknommer: 079 409 8342