Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gigaba en sy ‘nasionaliserings-professor’ gaan instrumenteel wees tot Moody’s se finale afgradering van SA

Die minister van finansies, Malusi Gigaba, se gebrek aan oordeelvermoë blyk duidelik daaruit dat hy die sogenaamde ‘nasionaliserings-professor’ Chris Malikane as raadgewer saamgeneem het na Amerika om met beleggers en Moody's oor Suid-Afrika se ekonomiese toekoms te praat, sê adv. Anton Alberts, voorsitter en parlementêre woordvoerder oor ekonomie van die VF Plus.

Adv. Alberts sê veral Moody's sou kennis neem van Malikane se standpunte asook president Jacob Zuma se eie pleidooi vir onteiening van eiendom sonder vergoeding.

“Teen hierdie agtergrond sou Moody’s en ander beleggers Gigaba se versekering dat die ekonomiese en fiskale beleid dieselfde as onder Gordhan sal bly, bloot as oneerlike dubbelpratery beskou.

“Feit is dat die onervare tog selfversekerde Gigaba nie kan insien dat daar regdeur hom gesien word nie. Daar is min mense in die wêreld so gevaarlik soos iemand wat vol gewaande selfvertroue is, maar in werklikheid nie 'n idee het wat hy doen nie. Gigaba is presies net so.

“Daarom sal Gigaba, sy professor en hul president persoonlik moet verantwoordelikheid neem indien die finale kredietafgradering plaasvind.

“Elkeen wat sy werk verloor, elkeen wat honger ly, elkeen wat dakloos is, elkeen wat op 'n wyse benadeel is, sal dan die koppe van Zuma, Gigaba en Malikane moet eis. Die rewolusie kom nog en dit gaan draai teen diegene wat dit geskep het,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.