fbpx
Vryheidsfront Plus

Plaasmoorde: Boere moet hulself weerbaar maak

Die VF Plus het sy afgryse uitgespreek met die drie moorde wat op Donderdag 20 April 2017 op plase in die Wepener- en Ladybrand-distrikte gepleeg is. Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus in die Vrystaat, sê dit is duidelik dat boere en plaaswerkers sagte teikens vir misdadigers is en dat hierdie kriminele geen respek vir lewe het nie.

Die Landelike Beveiligingsplan van die regering faal en laat die landbougemeenskap weerloos. Die regering sal ernstig moet besin oor landelike beveiliging en hierdie tipe misdade as prioriteit verklaar.

Die VF Plus doen weereens ‘n beroep op landbouers om sekuriteitsmaatreëls in plek te stel, by veiligheidsnetwerke in te skakel en hulself en hul werkers weerbaar te maak.

Van Niekerk het namens die VF Plus medelye met die families van die slagoffers betoon en ‘n ernstige beroep op die polisie gedoen om alles in hul mag te doen om die skuldiges aan die pen te laat ry.

 

Kontakbesonderhede: 083 743 2042 / 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.