fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus wens matriekleerlinge sterkte toe met komende eindeksamen

Die VF Plus wens matriekleerlinge sterkte toe met die komende eindeksamen wat hierdie week begin.

Dit is 'n veeleisende tyd vir matriekleerlinge onder gewone omstandighede, maar die grendelstaat en Covid-19 het die omstandighede selfs meer kompleks gemaak.

Die VF Plus wens die leerlinge daarom ook geluk dat hulle tot hier deurgedruk het om by die laaste deel van die wedloop uit te kom om hul skoolloopbane af te handel.

Die party wil matrikulante bemoedig om nie negatief te wees oor die toekoms nie, al word 'n mens in Suid-Afrika omring van soveel slegte nuus en uitdagings.

Jong mense moet moedhou en glo in 'n beter toekoms wat bereik kan word met harde werk en deursettingsvermoë.

In die geskiedenis was daar baie tye waar dit gelyk het asof daar geen hoop is nie, maar ons voorgeslagte se volharding het uit niks een die gevorderste en modernste lande op Afrika se bodem opgebou.

Ons kan dit weer doen en 'n beter gemeenskap vir almal bou deur op te staan, saam te staan en sterk te staan teen talle aanslae.

Onthou in hierdie tye dat jou krag nie van jouself kom nie. Laat standvastigheid in die geloof jou altyd op jou toekomspaaie lei.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.