Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra strukturele hervormings om dienslewering en aanspreeklikheid te verseker met die indiening van kommentaar op die Witskrif vir plaaslike regering

Die VF Plus in die Groter Pretoria-streek het ’n omvattende beleidsvoorlegging aan die nasionale regering oorhandig as deel van die hersiening van die Witskrif oor plaaslike regering.

Die sluitingsdatum vir openbare insette oor die Witskrif is 30 Junie 2025.

In dié voorlegging vra die party vir ’n gemoderniseerde plaaslike regeringsmodel wat fokus op afdwingbare dienslewering, fiskale dissipline en openbare aanspreeklikheid.

Volgens die VF Plus het die tyd aangebreek om plaaslike regering te professionaliseer én te desentraliseer. Gemeenskappe verdien resultate, nie retoriek nie. Die voorgestelde hervormings is daarop gemik om beheer, toesig en dienslewering terug te gee aan inwoners.

Sleutelvoorstelle in die voorlegging sluit in:

• Wyksgegronde begrotings: Wetlike toewysings gekoppel aan armoedevlakke en infrastruktuurkoste.
• Instandhouding van infrastruktuur: Munisipaliteite moet minstens 8% van hul bates se waarde jaarliks aan herstel en onderhoud bestee binne elke onderskeie wyk, as deel van ’n verpligte wyk-instandhoudingsplan.
• Gedesentraliseerde sub-rade: Sub-rade in metro-gebiede om vinniger en meer verantwoordbare dienslewering aan gemeenskappe te verseker.
• Hervorming van aankope: ISO-sertifisering (Internasionale Organisasie vir Standaardisering) vir kapitaalprojekte, omgekeerde veilings en tenderprosesse wat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en koste-effektiwiteit balanseer.
• Prestasiegegegronde vergoeding: 30% van senior munisipale bestuurders se vergoeding moet gekoppel wees aan onafhanklik geverifieerde prestasie-uitkomste.
• Openbare-private vennootskappe: Mede-gefundeerde plaaslike projekte wat ondersteun word deur ’n hervormingsvriendelike wetlike raamwerk.

Die voorlegging beklemtoon ook die belang van digitale deelname-instrumente, klimaatsbestande infrastruktuur, en die herstel van vertroue deur betroubare dienslewering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.