Rand Water het vir die vierde keer sedert 2023 op die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se bankrekening beslag gelê.
Dit beteken Emfuleni het beswaarlik geld beskikbaar het om sy salarisrekening te vereffen, dienste te lewer en om kontrakteurs en grootmaatverskaffers te betaal.
Emfuleni het tydens ʼn onlangse raadsvergadering ʼn besluit goedgekeur dat waterverbruikers, soos in die geval met Eskom, hul rekeninge direk aan Rand Water kan betaal. Dié reëling sou op 1 Julie in werking getree het weens die munisipaliteit se onvermoë om sy uitstaande waterrekening van R1,3 miljard aan Rand Water te vereffen. Desnieteenstaande die besluit, het Rand Water nou op die munisipaliteit se bankrekening beslag gelê.
Emfuleni gaan dus nou slegs geld van verbruikers ontvang vir riool, vullisverwydering en erfbelasting wat hopeloos te min is om die munisipaliteit suksesvol te bestuur.
Die gedwonge privatisering van dienste vererger die reeds benarde finansiële situasie van die munisipaliteit wat daagliks agteruitboer wees wanbestuur en swak dienslewering.
Daar is al vir jare nie geld om behoorlike dienste aan inwoners te lewer of infrastruktuur te onderhou of te herstel nie.
Indien die munisipaliteit van die begin af effektief bestuur is en belastinggeld aangewend het vir regte doel, sou die munisipaliteit nie sy verpligtinge moes afstaan aan Eskom en Rand Water nie.
Die enigste wenners in hierdie situasie is die twee grootmaatverskaffers wat die munisipaliteit nou dwing om verbruikers se geld direk aan hulle oor te betaal.
So is Eskom se lopende rekening van R180 miljoen vir kragverskaffing aan die munisipaliteit in April vir die eerste keer in sewe jaar ten volle betaal.
Die VF Plus het in ʼn brief aan die munisipale bestuurder van Emfuleni, April Ntuli, gerig om antwoorde te kry of die ooreenkoms waarop besluit is tydens die raadsvergadering tussen die munisipaliteit en Rand Water, steeds geldig is.
Dit is te betwyfel of Emfuleni daarin sal slaag om die munisipaliteit uit die moeras kan lig.
Die enigste oplossing is om die ANC-regerende party in Emfuleni by die stembus te verslaan.