Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra OB om weermag se transaksie met die Saint George Hotel te ondersoek

Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat die Saint George Hotel en Konferensiesentrum in Irene buite Pretoria vir R5 miljoen per maand gehuur word om opleiding te verskaf aan senior offisiere en die party sal die openbare beskermer (OB) vra om dit te ondersoek.

Hierdie opleiding is nog altyd op gevestigde persele aangebied en die vraag is wat die rede is waarom die SA Leërstigting besluit het om die Kollege vir Oorlogvoering en die Verdedigingskollege voortaan daar te huisves.

Indien daar gesê word dat die bestaande geriewe nie geskik is nie, kan gevra word waarom dit nie opgegradeer kan word met die miljoene wat nou aan die hotel betaal gaan word nie.

Daar is talle militêre basisse in die land met meer as genoeg geriewe waar opleiding gegee kan word aan senior offisiere.

Die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, behoort onmiddellik antwoorde oor die huurooreenkoms te verskaf.

Dit is verdag dat die huurooreenkoms aangekondig is enkele weke nadat die hotel verlede maand aangekondig het dat hy sy deure sluit.

Dit wek die indruk dat korrupsie by die huurooreenkoms ter sprake kan wees en die VF Plus wil duidelike antwoorde oor die aangeleentheid kry.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.