Die Vryheidsfront Plus doen ‘n dringende beroep op kerke om duideliker na vore te tree in die stryd teen korrupsie in Suid-Afrika, sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-provinsiale leier vir Gauteng.
Mulder wat vandag ‘n spreker was by ‘n byeenkoms van die “South African Ministers Network” in Eldorado Park, Johannesburg, het gesê dat die kerk ‘n stel skriftuurlike norme en waardes verteenwoordig wat deur die geskiedenis al met groot vrug aangewend is.
“Die grondslag van die stryd teen korrupsie begin by individue as deel van ‘n gemeenskap. Gemeenskappe kan self deur hul kerke ’n sterk, sigbare weerstand teen korrupsie bied.
“Deursigtigheid in die Suid-Afrikaanse grondwetlike bedeling is nie net ’n eis vir alle landsburgers nie, maar ook vir die regering,” het Mulder gesê.
Kontaknommers: 082 466 3786/ 071 604 9498/082 806 7891