fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

ANC het leuens aan kiesers vertel oor hulle vermoë om huise in Gauteng te bou

Dit is amptelik. Die agterstand van behuising in Gauteng staan nou op ‘n skandelike 500 000 huise. Die LUR van behuising in Gauteng, Paul Mashatile, het gister in ‘n berig van The Citizen erken dat die behuisingsagterstand in Gauteng op hierdie enorme syfer te staan kom.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het in reaksie hierop gesê dat die ANC lank reeds die behoeftiges en sy kiesersmark erg gefaal het en dat dit ‘n skreiende skande is hoe daklose inwoners van die provinsie behandel word. Volgens Van Staden het die VF Plus al sedert 2014 druk op die LUR van behuising geplaas om die regte syfers bekend te maak.

“Mashatile het ook in gister se artikel met ‘n baie lelike houding vorendag gekom deur te sê dat die regering nie net sit en niks doen om die lewe van inwoners te verbeter nie. Hy het ook die vermetelheid om te sê dat mense nie net kan wakker word en aanspraak maak op dienste nie. Dit opsigself is ‘n duidelike bewys dat die regering van Gauteng nie in staat is om meer na sy burgers om te sien nie.

“Die VF Plus het reeds in 2014 in die Gautengse wetgewer gewaarsku dat die ANC nie sy beloftes gestand sal kan doen deur informele nedersettings heeltemal voor 2019 uit te wis nie. Soos sake nou staan was die VF Plus reg en is gister se bekentenis van Paul Mashatile ‘n bewys daarvan.

“Die LUR het ook verlede maand tydens ‘n sitting van die wetgewer erken dat die titelakte agterstand tans op 250 000 staan. Tydens ‘n openbare vergadering gister van die CoGTA-komitee in die Germiston-stadsaal, het die departement van behuising in Gauteng erken dat daar nie behuising aan almal in die provinsie verskaf kan word nie. Ek het hierdie vergadering bygewoon en was stomgeslaan.

“Die vorige LUR van behuising, mnr. Mamabolo, het met groot bravade in 2014 aangekondig dat almal teen 2019 behuising sal hê. Toe Mashatile by hom oorneem het die ANC en selfs die premier gesê dat informele nedersettings heeltemal uitgewis sal wees teen 2019. Hierdie ommeswaai wat nou gedoen word, is ‘n bewys dat die ANC doelbewus vir die kiesers van Gauteng gelieg het sonder om te blik of te bloos en dat die ANC nog nooit vertrou kon word nie,” het Van Staden gesê.

 

Tel: 0840154722 of 011-498 5477 / 012-772 4410

epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.