fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra dat Motsoeneng persoonlik verantwoordelik gehou word vir onnodige verliese by die SAUK

Die VF Plus het vandag twee klagtes by die kommissie vir maatskappye en intellektuele eiendom (KMIE) ingedien waarin gevra word dat die waarnemende operasionele hoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, persoonlik verantwoordelik gehou moet word vir onnodige verliese by die openbare uitsaaier.

Ingevolge die Maatskappywet- artikel 77(2)(a) kan ‘n ‘direkteur’ van ‘n maatskappy verantwoordelik gehou word vir verliese wat voortspruit uit onbehoorlike optrede. Die kommissie word daarom ook gevra om te beslis of Motsoeneng uit hoofde van sy amp by die SAUK as direkteur beskou kan word.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, sê die eerste klag behandel die verwagte verlies van R500 miljoen wat die SAUK binnekort gaan aankondig en die rol van die besluit om 90% plaaslike musiek te speel, hierin.

Die tweede klag behandel die afdanking van agt senior joernaliste van die SAUK en die verwagte regs- en ander kostes wat hieruit gaan voortspruit.

Adv. Alberts sê die beslissing van die Noord-Gautengse hooggeregshof vandag dat die SAUK nie mag keer dat verslag gedoen word oor gewelddadige betogings nie, versterk die saak van die afgedankte joernaliste wat juis oor hierdie rede ontevrede was en daarom afgedank is.

Die afdankings het ook plaasgevind nadat ‘n regsgeding reeds begin is, en dui op die SAUK se minagting vir die reg, sê adv. Alberts.

Wat die eerste klag aanbetref sê adv. Alberts alhoewel die besluit om net 90% plaaslike musiek te speel nie ongewild was nie, is dit op ‘n onverantwoordelike en roekelose wyse gedoen aangesien buitelandse materiaal reeds aangekoop was en dié uitgawe nou op onnodige vermorsing neerkom.

“Die VF Plus vra dat Motsoeneng persoonlik aanspreeklik gehou word vir hierdie onnodige uitgawes wat moontlik in meer as een opsig ‘n oortreding van die Maatskappyewet is. Dit kan nie van die belastingbetaler verwag word om pa te staan vir sy swak oordeel en besluite nie,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.