fbpx
Vryheidsfront Plus

Besluit oor straatname tas Afrikaners se geskiedenis aan

Afrikaners is nie selfsugtig en verdelend om te kla oor straatname wat verander nie, maar vra bloot dat almal in die land se geskiedenis gerespekteer word en dat beide die ou en nuwe name vertoon moet word om erkenning aan ‘n gedeelde geskiedenis te gee.

Dit is die reaksie van mnr. Philip van Staden, VF Plus-LPW vir Gauteng, oor die uitspraak van die Grondwethof vandag dat Tshwane-metro die ou straatnaamborde mag verwyder, en dat Afrikaners ‘selfsugtig en verdelend is’ om hieroor te kla.

Van Staden en die party se burgemeesterskandidaat in Pretoria, adv. Anton Alberts, sê die ANC mors in die proses geld wat baie beter aangewend kon word.

Hy sê die VF Plus was die enigste opposisieparty wat op 29 Maart 2012 tydens ‘n raadsvergadering van die Tshwane-metro hewig teen die verandering van die vyf en twintig straatname geveg het.

“Die belastingbetaler van Pretoria het reeds ‘n bedrag van R27 miljoen gefinansier om vir die ANC se aksies te betaal. Daar is nie meer geld om op onbenullighede te mors nie en die ANC kon eerder hierdie geld gebruik het om infrastruktuur in die stad in stand te hou.

“Die VF Plus betreur vandag se uitspraak en voel dat dit die deur oopmaak om op groot skaal van die Afrikaner se geskiedenis ontslae te raak,” sê van Staden.

 

Mnr. Philip van Staden LPW Gauteng

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

 

Adv. Anton Alberts LP – Pta Burgemeesterskandidaat

Tel: 082 391 3117

Anton.alberts@vfplus.org.za

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.