Die DA-leier, Mmusi Maimane, reik in Mei-maand ‘n verklaring uit waarin hy die ANC kasty weens die ANC se versuim om sy burgemeesterskandidate vir die komende verkiesing bekend te maak.Maimane sê onder meer dat die ANC poog om hierdie kandidate "te beskerm teen die gemeenskap se beoordeling". Verder sê hy dat "die SA kiesers die reg het om te weet wie die ANC se kandidate is". Ook meld hy dat die "mense nog nie die geleentheid deur die ANC gegun is om hul opsies regverdig en openlik vir die 2016 verkiesing te oorweeg nie".
“In Noordwes het die DA nog nie bekend gemaak wie is hulle burgemeesterskandidate nie. Veral in die Tlokwe-munisipaliteit waarop daar gefokus word in hierdie verkiesingsveldtog. Dieselfde geld vir die Matlosana en ander groot munisipaliteite in Noordwes. Sommiges aanvaar dat die nommer een kandidaat op die proporsionele lys die burgemeesterskandidaat is, maar dit is nie noodwendig so nie.
“Die DA en Maimane moenie skynheilig wees nie want dit blyk dat hulle, nes die ANC, hierdie kandidate "beskerm teen die gemeenskap se beoordeling." Hoekom word hulle nie bekend gemaak nie ? Die Vryheidsfront Plus het sy burgemeesterskandidate in Noordwes in die plaaslike media bekend gestel. Die DA moet hierdie kandidate bekend maak want ek stem saam die kiesers het die reg om te weet wie die DA se kandidate is en mense moet die geleentheid deur die DA gegun word om hul opsies regverdig en openlik vir die 2016-verkiesing te oorweeg,” sê dr Pieter Groenewald (LP), provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Noordwes.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403