Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-voorstel vir groter parlementêre oorsig oor banke aanvaar

'n Voorstel van die VF Plus dat die parlementêre portefeuljekomitee ‘n groter oorsigrol kry in die geldsake van Suid-Afrikaanse banke, is vandag aanvaar, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder vir handel en nywerheid.

Volgens adv. Alberts behels die voorstel dat verteenwoordigers van banke, mikroleners en die betrokke regulatoriese liggame ten minste twee maal elke jaar persoonlik verslag aan die komitee moet doen rakende die status van hul ongesekureerde lenings.

Hulle sal dan ook verslag moet doen aangaande hul finansiële status en hul blootstelling aan kredietuitlening.

“Hierdie oorsig, benewens die oorsig wat die kredietreguleerder self het, kan ‘n belangrike rol speel om ‘n vroeë waarskuwingstelsel te skep en pro-aktief op te tree voordat ‘n bank ‘n kritiese posisie bereik wat sy kliënte en die totale finansiële stelsel kan benadeel.

“Indien so ‘n reëling in plek was, sou daar byvoorbeeld in die geval van African Bank met die Reserwebank en die bankindustrie in sy geheel gesprek gevoer kon word om die situasie te bestuur voordat ‘n inploffing plaasgevind het.

“Hierdie idee van die VF Plus is ook aanvaar teen die agtergrond van die frustrasie wat die komitee ervaar met kredietreguleringsagentskappe wat nie voorkomend optree nie, maar eers na die tyd hul graderings doen,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.