fbpx
Vryheidsfront Plus

Dr. Corné Mulder een van twee verteenwoordigers van Tien Ander Opposisiepartye op die aangewese ad hoc-komitee oor Nkandla

Die groepering van Tien Ander Opposisiepartye het vanoggend eenparig besluit om mnr. Naren Singh van die IVP en dr. Corné Mulder van die VF Plus aan te wys as die twee verteenwoordigers van die groepering van die Tien Ander Opposisiepartye op die aangewese ad hoc-komitee oor Nkandla.

Die tien partye is die VF Plus, die IVP, NFP, UDM, Cope, ACDP, AIC, Agang SA, PAC en die APC.

Dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, sê die komitee moet ingevolge die besluit van die nasionale vergadering teen 24 Oktober 2014 aan die parlement verslag doen.

Die twee aangewese verteenwoordigers sal aanstaande Donderdag, na verdaging van die raad, ‘n voorlegging doen aan die tien partye oor die saak.

In terme van reël 215(3)(a) van die parlement moet die lede van die ad hoc-komitee binne vyf werksdae nadat die besluit geneem is, aangewys word.

Die komitee is verlede Dinsdag geskep deur die raad en die ander partye moet die name van hul verteenwoordigers daarom teen nie later nie nie as aanstaande Dinsdag bekend maak.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.