Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus voorlegging rakende voorgestelde nuwe leerplanne vir skoolgeskiedenis – opsomming

Die VF Plus het vandag sy voorlegging aan die departement van basiese onderwys rakende voorgestelde veranderings aan leerplanne vir skoolgeskiedenis ingedien.

Die party verwerp hierdie voorstelle, omdat dit ʼn voortsetting is van ‘n lang proses om die verlede van die Westerse beskawing oor die algemeen en Afrikaners in besonder op vyandige manier aan te bied.

ʼn Land met kulturele verskeidenheid behoort erkenning aan dié verskeidenheid te gee, eerder as om ‘n enkele identiteit op almal af te dwing.

Die VF Plus stel daarom voor dat burgerlike organisasies die reg kry om self riglyne vir die inhoud en assessering van skoolgeskiedenis te formuleer. Die keuse lê dan by skoolbeheerliggame om self te besluit watter leerplan by ‘n spesifieke skool aangebied sal word.

Temas wat alternatiewe leerplanne moet dek, is die volgende Suid-Afrikaanse voorgeskiedenis:

Temas wat verskillende antieke – en klassieke beskawings dek (ca. 4000 vC tot 500 nC).

Temas wat voor-moderne samelewings dek (ca. 500 – 1600).

Temas wat moderne samelewings dek (ca. 1600 – 1950).

Temas wat eietydse samelewings dek (ca. 1950 – huidig).

Temas wat die spesifieke gemeenskap se eie geskiedenis dek.

Temas wat ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe se geskiedenis dek.

Hierdie voorstelle kan tot ‘n gebalanseerde leerervaring lei, wat leerders se horisonne verbreed en hulle tog in voeling met hul eie wortels laat bly.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.