Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp NMBM se voorgestelde kragtariefverhoging

Die VF Plus verwerp die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) se voorstel om ’n beduidende 9%-kragtariefverhoging vir 2026/2027.

Hierdie voorstel volg kort op die 12,8%-verhoging in 2025, wat reeds ’n swaar finansiële las op inwoners geplaas het nadat Eskom aanvanklik ’n buitensporige 21%-verhoging versoek het.

Ten spyte van ‘n vroeëre versekering dat tariefverligting sou volg, word inwoners en ondernemings nou weer gekonfronteer met ’n verdere verhoging sonder enige waarborg dat dit die laaste een sal wees.

Die VF Plus sal geen verdere tariefverhogings kan steun terwyl die munisipaliteit steeds faal in die basiese beginsels van goeie regering, aanspreeklikheid en dienslewering nie.

Betalende inwoners word toenemend gestraf om ’n stelsel te finansier wat nie-betaling, kragdiefstal en operasionele ondoeltreffendheid toelaat.

Die metro se eie syfers toon kragverliese van sowat R840 miljoen – ’n bedrag wat die omvang van die krisis bevestig.

Die VF Plus dring daarop aan dat die metro eers bewys moet lewer dat hy bereid is om skuldenaars wat kan betaal maar weier, af te sny en dat kragdiefstal daadwerklik bekamp word.

Verder is die toestand van die metro se kraginfrastruktuur ’n ernstige bekommernis.

Daar word van Inwoners verwag om meer te betaal terwyl hulle steeds onder onbetroubare kragtoevoer, onderbrekings en verouderde infrastruktuur gebuk gaan.

Stabiele kraginfrastruktuur is ’n voorvereiste voordat enige gesprek oor hoër tariewe kan plaasvind.

Die voorgestelde verhoging van 9% skep ook onsekerheid omdat Eskom se finale groothandeltarief nog nie bekend is nie. Daar is dus geen versekering dat inwoners nie nóg ’n verhoging in die gesig sal staar sodra Eskom sy syfers uitreik nie.

Die VF Plus staan saam met inwoners en ondernemings wat reeds onder groot finansiële druk verkeer.

Onder die huidige omstandighede sal die party geen tariefverhoging in die raad steun nie.

Die metro moet eers dié aanspreek wat die werklike oorsaak van sy finansiële krisis is en betaling afdwing, kragdiefstal stop en aanspreeklikheid herstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.