Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni moet Germiston se ondergrondse infrastruktuur ondersoek na sinkgat vorm

Die Ekurhuleni-metro se departement van paaie en stormwater moet ná die vorming van ‘n sinkgat onmiddellik ’n volledige ondersoek na die ondergrondse infrastruktuur in Germiston instel.

Dit is noodsaaklik om vas te stel of die stad se ondergrondse stelsels reeds beskadig is en om verdere sinkgate te voorkom.

Dié versoek volg op die vorming van ’n sinkgat verlede week op die hoek van Rissik- en Main Reefweg, Germiston.

Hierdie sinkgat is die direkte gevolg van onwettige ondergrondse mynbedrywighede wat nie net die stabiliteit van die grond bedreig nie, maar ook ’n groot Rand Water-pyplyn ernstig beskadig het.

Hoewel die pyplyn herstel is, bestaan daar steeds onsekerheid oor die omvang van die skade aan ander ondergrondse infrastruktuur.

Die VF Plus sal die saak in die komende raadsvergadering opneem en daarop aandring dat die metro nie langer die probleem van onwettige mynbou kan ignoreer nie en optree.

’n Sinkgat is nie bloot ’n gat in die pad nie, maar ’n waarskuwingsteken van ineenstortende infrastruktuur, mislukte wetstoepassing en ’n administrasie wat eers reageer nadat die skade reeds gedoen is.

Motoriste en inwoners se veiligheid kan nie in gevaar gestel word weens die nalatigheid van die owerhede nie.

Die metro is bewus van die onwettige mynbedrywighede in Germiston, maar het tot dusver nie daadwerklik opgetree nie.

Die VF Plus sal druk uitoefen dat ’n deeglike ondersoek onmiddellik begin om verdere skade en lewensverlies te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.