Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp Nersa-gedrewe kragtariefverhoging in Ekurhuleni

Die VF Plus het tydens ’n spesiale raadsvergadering van die Ekurhuleni-metroraad teen die metro se voorgestelde 2026/27-elektrisiteitstariewe gestem, terwyl die meerderheid raadslede die verhoging aanvaar het.

In die debat het die VF Plus dit beklemtoon dat die metro nie verplig is om die maksimumverhoging wat die nasionale energiereguleerder (Nersa) voorgestel het, te aanvaar nie. Die feit dat die raad ’n sperdatum in Maart misgeloop het om ’n aansoek vir ’n laer verhoging by Nersa in te dien, het tot die wanopvatting gelei dat die maksimumverhoging van 9,01% outomaties aanvaar moet word.

Die VF Plus het daarop gewys dat hierdie verhoging eenvoudig nie vir die meerderheid inwoners bekostigbaar is nie. Die metro se eie openbare deelnameverslag toon dat 494 van 503 kommentare die verhoging verwerp het, met slegs nege wat dit gesteun het.

Ekurhuleni sou laer tariewe kon hef indien die metro nie telkens honderde miljoene rand moes afskryf weens wanadministrasie, gebrekkige opgraderings en swak instandhouding wat tegniese verliese veroorsaak nie.

Daarby beleef die metro ongekende vlakke van elektrisiteitsdiefstal, terwyl oortreders selfs vir kwytskelding kan aansoek doen en eerlike inwoners gedwing word om nóg dieper in hul sakke te delf.

Die VF Plus het ook beswaar aangeteken teen die aanvaarding van aanbevelings oor toekomstige, onbekende Eskom-veranderings, asook teen die feit dat die raad bloot “kennis neem” van openbare kommentaar sonder dat die volledige rekord van alle indienings aan raadslede beskikbaar gestel is.

Inwoners en belanghebbendes word aangeraai om voor 10 Mei skriftelik klagtes by Nersa in te dien rakende die kragtariefverhoging.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.