Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp Ekurhuleni se aansuiweringsbegroting vir 2020/21-finansiële jaar

Die VF Plus het die Ekurhuleni-metroraad se aansuiweringsbegroting vir die 2020/21-finansiële jaar, verwerp.

Die party kan hom om verskeie redes hom nie vereenselwig met die voorgestelde begroting nie.

Die begroting stel voor dat die metro se inkomste wat verkry word deur die verhuring van munisipale behuising, die bestaande begroting met ‘n verwagte R2,1 miljoen oorskry.

Hierdie verwagting impliseer dat bejaardes wat reeds onder geldelike druk verkeer en wat die grootste gedeelte van die huurders verteenwoordig, nou meer vir behuising sal betaal.

Dit is teenstrydig met die begroting wat aandui dat huurgeld van munisipale behuising nie verhoog sal word nie.

‘n Ander moontlike rede vir die verwagte oorskryding is dat bykomende munisipale behuisingseenhede beskikbaar gestel kan word.

Dit word egter betwyfel omdat die aansoekers op die waglys selde van posisie verander wat die vraag laat ontstaan aan wie die addisionele behuising toegeken gaan word. Die verwarring wat hierdeur geskep word, wek kommer by die VF Plus.

Die VF Plus is ook verbaas om te sien dat daar ‘n besparing van slegs R4,6 miljoen op amptenare se salarisse is terwyl dienslewering in die metroraad feitlik tot stilstand gekom het.

Dit is belangrik om kennis te neem daarvan dat die besparing grootliks verwys na vakante poste wat nie noodwendig gevul sal word nie.

Die metroraad se amptelike verskoning wanneer daar gevra word waarom dienslewering agteruit gaan, is dat die munisipaliteit ‘n tekort aan personeel het, wat beteken ‘n gedeelte van die personeellede word nie ten volle benut nie.

‘n Verdere rede vir die VF Plus se teenstem is weens die verhoging in die begroting van munisipale beleggingseiendom van R4,1 miljoen om voorsiening te maak vir opknappingswerk aan munisipale verhuringskomplekse.

Dit blyk met die eerste oogopslag goeie nuus te wees, maar sou die metro behoorlik en gereeld hierdie eiendom in stand gehou het, sou hierdie koste aansienlik minder gewees het en kon van hierdie gelde aangewend word vir behoorlike dienslewering.

Die VF Plus kan nie ondeurdagte begrotings goedkeur waar die Ekurhuleni-metro-munisipaliteit geen empatie aan bejaardes betoon, dienslewering agterweë gelaat word en personeel nie behoorlik benut en bestuur word nie.

Navrae: 072 217 1951

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.