Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus se Gautengse jeugleier ingehuldig as raadslid in Tshwane-metroraad

Die VF Plus se Gautengse jeugleier, Morné Erasmus, is op 1 Februarie ingehuldig as raadslid in die Tshwane-metroraad.

Erasmus, ‘n boorling van Pretoria, is lank reeds ‘n aktiewe lid van die VF Plus en sien daarna uit om ‘n bydrae te lewer om dienslewering in die metro te verbeter. Hy wil ook jongmense inspireer om aktief betrokke te raak in hul gemeenskappe met diensleweringskwessies en die sakesektor.

Die groot aantal jongmense wat as lede by die VF Plus aansluit, is ‘n teken dat die jeug die party as ‘n toekomsvennoot aanvaar.

Die VF Plus verwelkom die entoesiasme waarmee Morné sy taak benader. Die jeug het ‘n groot rol om te speel in die strewe na ‘n beter toekoms in Suid-Afrika.

Navrae:
Jaco Mulder: 082 466 3786
Morné Erasmus: 079 137 6036

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.