Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus tree op as bemiddelaar oor afsaag van inheemse bome en plante in Nelson Mandelabaai

Nadat klagtes ontvang is van inheemse bome en plante wat afgesaag word in die omgewing van Port Elizabeth, het die VF Plus uitgereik na besorgde inwoners van ’n uitbreiding wat grens aan die Bakensrivier en wat deel uitmaak van die Bakensvallei-bewaringsgebied.

Die VF Plus het vasgestel dat ‘n permit van die Nelson Mandelabaai se omgewingsbestuur in ‘n stadium uitgereik is aan ‘n persoon wat handel dryf in die verkoop van vuurmaakhout. Dit is opgeskort na klagtes van inwoners dat ander bome en plante as dit waarvoor die permit voorsiening maak, ook verwyder is.

Die VF Plus is tans in gesprek met die partye om te reël dat die gebied skoongemaak word aangesien dit ‘n brandgevaar en sekuriteitsrisiko inhou.

Dit blyk ook dat ongemagtigde straatsmouse die gebied betree om die agtergelate hout te win en te verkoop en so verdere skade aan die omgewing aanrig.

Die VF Plus het inwoners aangeraai om enige verdere bedrywighede in die gebied dadelik by die metroraad aan te meld.

Alhoewel die VF Plus nie gekant is teen die verwydering van uitheemse bome en plantegroei nie, moet inheemse flora beskerm en bewaar word vir toekomstige geslagte.

Die party sal ‘n wakende oog oor die situasie hou en inwoners bystaan met verdere optrede indien die probleem nie reggestel word nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.