fbpx
Vryheidsfront Plus

Mafube: Covid-verligtingstoelaag aan salarisse bestee

Die benarde finansiële posisie van die Mafube-plaaslike munisipaliteit (Frankfort, Villiers, Cornelia, Tweeling) is ‘n direkte gevolg van die ANC se onvermoë om basiese bestuursbeginsels toe te pas.

Mafube beleef ‘n voortslepende waterkrisis, maar pleks van die Covid-19-noodbegroting verlingtingstoelaag aan te wend om waterinfrastruktuur te herstel, is dit aangewend om salarisse te betaal omdat die munisipaliteit nie genoegsame bedryfskapitaal kan genereer en bestuur nie.

Ten spyte van die hoë besteding aan salarisse vind daar geen noemenswaardige dienslewering in die munisipaliteit plaas nie.

Dit is onaanvaarbaar dat inwoners te midde van ‘n gesondheidskrisis gereeld nie water het nie. Dit is ‘n probleem wat tot ‘n mate deur die verligtingstoelaag aangespreek kon word.

Dié munisipaliteit is sedert 2017 onder Artikel 139-administrasie, maar is nou slegter daaraan toe aangesien onder andere binnegevegte in die plaaslike ANC die werksaamhede van die munisipaliteit en die administrateur ontwrig.

Die munisipaliteit kon weer nie daarin slaag om sy jaarlikse finansiële state betyds in te dien om geoudit te word nie. Dit het tot gevolg dat beskikbare inkomstebronne deur nasionale tesourie weerhou word.

Die skuld word voor die deur van die hoof finansiële beampte gelê, alhoewel die administrateur uiteindelik die rol van rekenpligtige amptenaar vertolk.

Selfs onder provinsiale administrasie en midde ‘n gesondheidskrisis fokus die regerende ANC op verkeerde prioriteite en dit dien as bewys waarom hy met die komende munisipale verkiesing vervang moet word.

Navrae: 079 517 8059

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.