Die VF Plus veroordeel die wrede moord op mev. Johanna Rossouw (86) gister (31 Januarie 2021) in die Eden Park-tehuis vir bejaardes in Witbank.
Volgens ‘n polisie-woordvoerder is ‘n soektog dadelik na die verdagte begin wat glo deur ‘n ooggetuie op die dag van die moord gesien is toe hy met die oorledene se wit Honda Jazz die perseel verlaat het.
Mev. Rossouw is in haar woning oorrompel. Sy is vasgebind, gemartel en verskeie kere met 'n mes gesteek.
Die VF Plus betuig sy innige meegevoel met die naasbestaandes van mev. Rossouw en sal Mpumalanga se LUR vir veiligheid en sekuriteit, Cynthia Tshabalala, versoek om hierdie wrede daad deeglik te laat ondersoek sodat dat die skuldige vir die onmenslike daad kan boet.
Navrae: 082 887 5403 / 076 687 2830