Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp aanstelling van onderburgemeester in Mogale City

Die VF Plus verwerp die aanstelling van ʼn onderburgemeester in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) en beskou dit as ʼn mors van belastinggeld.

Die ANC, EFF en IVP het vandag saamgestaan om ʼn ekstra wa aan die soustrein te haak met die verkiesing van Bongani Eric Nkosi as onderburgemeester.

Nkosi, die enigste raadslid van die IVP in Mogale City, se jaarlikse salaris sal sowat R900 000 wees, maar hy sal ongetwyfeld ook ʼn spoggerige nuwe ampsmotor met ʼn motorbestuurder en lyfwagte ontvang.

Daar is absoluut geen regverdiging vir hierdie uitgawe nie.

Mogale City se dienslewering is reeds tragies. Watersuiweringsaanlegte is wanfunksioneel, munisipale rekeninge is foutief en daar is ʼn totale gebrek aan infrastruktuurinstandhouding.

Met die aanstelling van Nkosi, stuur die ANC, EFF en IVP ʼn duidelike boodskap aan die inwoners van Mogale City dat selfverryking voorkeur geniet bo dienslewering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.