Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-raadslid in Ekurhuleni ontvang spesiale toekenning

Die VF Plus het weereens bewys dat sy raadslede nie net die gemeenskap in raadsale verteenwoordig nie, maar ook op grondvlak.

Riaan van Zyl, VF Plus-raadslid in die Ekurhuleni-metroraad, is deur die Brakpan-polisie met ʼn spesiale toekenning vereer vir sy toegewyde diens aan die gemeenskap.

Hy het ʼn sertifikaat van waardering ontvang vir sy deurlopende betrokkenheid en ondersteuning van die Brakpan-polisie se operasionele operasies.

Die toekenning is ʼn bewys van sy onwrikbare toewyding aan die Brakpan-gemeenskap om samewerking tussen die polisie en inwoners te versterk.

Van Zyl is die enigste persoon wat vereer is. Al die ander toekennings het gegaan aan instansies en organisasies.

Benewens sy verantwoordelikheid as raadslid, is hy ook ondervoorsitter van die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Brakpan, lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), vrywillige patrolleerder in gesamentlike inisiatiewe met GPF-takke, privaat sekuriteitsmaatskappye, AfriForum en die polisie.

Hy steun ook die Clean Brakpan-inisiatief – ʼn niewinsgewende organisasie wat daartoe verbind is om Brakpan te verfraai en in stand te hou.

Die VF Plus wens Van Zyl geluk met sy toekenning en bedank hom vir sy onbaatsugtige diens aan veral die Brakpan-gemeenskap.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.