Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom skorsing van Mkhwebane

Die VF Plus verwelkom die skorsing van die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane.

Mkhwebane was die afgelope jare in verskeie hofsake betrokke waar bevind is dat sy nie werklik bevoeg is vir die pos van openbare beskermer nie.

Daar moet ook in gedagte gehou word dat sy juis in dié pos geplaas is om oorsig te hou oor belastinggeld en om dit te beskerm teen onder meer wanbesteding en diefstal.

Die VF Plus verwelkom die feit dat die proses ook in die parlement kan voortgaan om haar uit dié belangrike pos te verwyder.

Die party sal tydens die parlementêre proses ook vra dat sy verwyder word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.