Die VF Plus verwelkom die voortsetting van Rand Water se kritieke waterinfrastruktuur-instandhouding wat groot dele van die Ekurhuleni-metro vanaf 30 Junie tot 2 Julie sal raak.
Sekere dele van hierdie noodsaaklike instandhouding het reeds plaasgevind tydens die eerste fase van die projek tussen 29 Mei en 3 Junie. Dit sal nou voortgesit word met die volgende fase, wat fokus op die Zwartkopjes-stelsel wat groot dele van die Ekurhuleni-metro van water voorsien.
Alhoewel die beplande wateronderbrekings ongerief kan veroorsaak, glo die VF Plus dat hierdie langverwagte opgradering noodsaaklik is vir die verbetering van langtermyn-waterbetroubaarheid en doeltreffendheid in die metro.
Volledige herstel van die watervoorsiening mag tot sewe dae neem ná voltooiing van die instandhouding terwyl hooggeleë gebiede en dié wat water van pompstelsels ontvang, langer sal neem om te herstel.
Gebiede in Ekurhuleni wat deur die onderbreking geraak sal word:
Benoni en Wattville:
Airfield, Northmead, Farrarmere, Farrarmere Gardens, Goedeburg, North Villa, Rynfield, Brentwood Park, dele van Morehill, Ebotse Estate, Benoni-Noord Landbouhoewes, Kleinfontein, Lakefield, Benoni westelike uitbreiding, Benoni SSK, Actonville, Wattville, Tamboville, Dewalt Hattingh Park, Msholozi en Emandleni-informele nedersettings, Mackenzie Park, Rynsoord en New Modder.
Germiston en Boksburg:
Spruitview, Leondale, Rondebult, Sunward Park, Van Dyk Park, Freeway Park, Parkdene, Cinderella, Elspark, Groeneweide, Klipoortjie, Boksburg-Suid, Boksburg Nywerheidsgebied, Boksburg SSK, Farrar Park, Libradene, Atlasville, Beyers Park, Anderbolt, Parkhaven en Katlehong 1.
Kempton Park:
Atlasville, Bredell (insluitend Eastlands Estate), Riverfields.
Inwoners en ondernemings in die geraakte gebiede word versoek om genoeg water op te gaar voor 30 Junie, water spaarsamig te gebruik tydens die onderbreking en amptelike kennisgewings van Ekurhuleni dop te hou vir opdaterings en noodmaatreëls. Watertenks sal na die geaffekteerde gebiede ontplooi word om tydelike verligting te bied.
Die VF Plus is hoopvol dat hierdie belegging in kritieke infrastruktuur daartoe sal lei dat waterverwante probleme in Ekurhuleni tot die verlede sal behoort.


