Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dringende opgradering van gevaarlike Oos-Kaapse paaie

Die VF Plus het tydens ’n onlangse besoek van die departement vir vervoer aan die Oos-Kaap ’n beroep op die departement gedoen om aandag te gee aan die haglike toestand van verskeie belangrike hoof- en grondpaaie in dié provinsie.

Oorsigbesoeke en gesprekke met boere en inwoners het dit duidelik gemaak dat paaie soos die MR470 tussen Kirkwood en die hawe van Port Elizabeth/Gqeberha nie bloot geskraap kan word nie, maar dringend verbreed en gelyk gemaak moet word.

Dieselfde geld die R102 tussen Gamtoos en Jeffreysbaai – ’n roete van groot belang vir die ekonomie, gemeenskap en toerisme.

Die toestand van die R75 tussen Despatch en Gqeberha wek veral kommer. Voetgangers, insluitend kinders en pasiënte van die Dora Nginza-provinsiale hospitaal, is daagliks in lewensgevaar weens die gebrek aan veilige oorgange.

Die VF Plus het versoek dat voetoorgangbrûe in gebiede soos Zwede en Missionvale opgerig word waar verkeersligte by agt belangrike kruisings reeds lank buite werking is. Hierdie pad staan reeds bekend as “Die Pad van die Dood”.

Die party het ook gevra dat die R334 naby Rocklands en Kwa Nobuhle verbreed word om die hoë verkeersdrukte en veiligheidsrisiko’s aan te spreek.

Hierdie roetes is strategies belangrik vir die vervoer van landbouprodukte en uitvoer via die hawe. Die verswakkende infrastruktuur hou ernstige gevolge in vir veiligheid, ekonomiese ontwikkeling en lewenskwaliteit in die streek.

Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om dienslewering te verbeter en om padveiligheid en volhoubare infrastruktuurontwikkeling in die Oos-Kaap te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.