Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Marignane-laan in Kemptonpark word eindelik herstel

Die VF Plus verwelkom die langverwagte herstelwerk aan Marignane-laan in Bonaeropark in Kemptonpark. Dié pad is berug vir sy gevaarlike slaggate en het lank reeds aandag verdien.

Die haglike toestand van dié pad en ander paaie is op 15 Mei onder die Ekurhuleni-metro se aandag gebring. Marignana-laan was toe reeds meer slaggat as pad en motoriste moes op sybaadjies ry om dit te probeer vermy.

Alhoewel ‘n bedrag van R449 miljoen in die 2024/25-begroting vir padinstandhouding geoormerk is, is dit steeds onvoldoende. Die padkrisis in die metro kan nie stuksgewys opgelos word nie en daarom sal die metro sy volgende begroting daadwerklik moet aanpas.

Die VF Plus bly daartoe verbind om te verseker dat inwoners nie self slaggate moet vul terwyl Ekurhuleni se leierskap fondse elders aanwend sonder verantwoording nie.

Hierdie oorwinning behoort aan die inwoners wat hul stem laat hoor het, en aan almal wat weier om verflenterde paaie as die norm te aanvaar.

Die VF Plus sal aanhou veg totdat al Ekurhuleni se paaie veilig en begaanbaar is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.