Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Masilonyana-hofuitspraak oor finansiële hoof

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Vrystaatse hooggeregshof dat die aanstelling van die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit (Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei) se hoof finansiële beampte, Amos Makoae, onwettig was.

Die ANC-geleide raad het Makoae in Oktober 2023 in sy pos aangestel.

Die VF Plus het teen die aanstelling gestem.

Makoae het tydens sy onderhoud vir die pos, melding gemaak van dissiplinêre stappe wat teen hom geneem is gedurende sy termyn as HFB by die Mafube-plaaslike munisipaliteit.

Hierdie inligting en sy dissiplinêre geskiedenis is egter nie aan die raad bekend gemaak toe sy aanstelling vir goedkeuring voorgelê is nie.

Makoae is skuldig bevind aan talle gevalle van finansiële wangedrag.

Die ANC-geleide raad het ook ’n opdrag van die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Saki Mokoena, om die aanstelling as nietig te verklaar, verontagsaam.

Die VF Plus het aanhoudend druk in die Masilonyana-raad en in die Vrystaatse wetgewer geplaas om die aanstelling onwettig te laat verklaar.

Die gesloer met die uiteindelike hofbevel kon voorkom gewees het indien die ANC-raad sy besluit teruggetrek het en nie voorgekom het asof hy Makoae probeer beskerm het nie.

Die ANC kan nie vertrou word met aanstellings nie. Die party se kaderontplooiingsbeleid het Masilonyana duur te staan gekom en inwoners, wat reeds gebuk gaan onder swak dienslewering in hierdie mislukte munisipaliteit, is nou weer die slagoffers van ANC-wanbestuur.

Die tyd het aangebreek vir inwoners om nie net beter dienste te eis nie, maar ook om op 4 November vir die VF Plus om stabiliteit in die munisipaliteit te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.