Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom hoër skuldigbevindings-koers vir seksuele oortreders in Mpumalanga

Die VF Plus verwelkom die verbetering in die skuldigbevindings-koers van seksuele oortreders in Mpumalanga. In die laaste finansiële jaar het daar 381 persone vir seksuele oortredings voor die plaaslike howe verskyn waarvan 309 skuldig bevind is en 72 vrygespreek is.

Mpumalanga toon tans ‘n 6%-verbetering in sy skuldigbevindings-koers wat die provinsie bo-aan die lys plaas met skuldigbevindings vir seksuele oortredings.

Die VF Plus bedank die spesiale polisie-eenhede en howe wat dit moontlik gemaak het en in besonder Nelspruit se Gesinsgeweld en kinderbeskermingseenheid wat nie net as die beste in die provinsie nie, maar as vierde beste in die land aangewys is.

Die VF Plus wil egter die Mpumalanga-regering vermaan om nie voort te gaan met die beplande vermindering van sy uitreikingsprogramme vir geslagsgegronde geweld nie. Geslagsgegronde geweld het tydens die vorige finansiële jaar met 8.5% gestyg. Daar kan dus nie gerus geraak word nie en volgehoue pogings moet aangewend word om die misdaad uit te roei.

Die VF Plus sal 'n oog hou oor geslagsgegronde sake wat voor plaaslike howe dien, in besonder dié van die hoogaangeskrewe regeringsbeampte wat daarvan aangekla word dat hy sy eie twee dogters seksueel gemolesteer het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.