Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom onskuldigbevinding van Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die appélhof

Die VF Plus verwelkom die appèlhof-uitspraak in Bloemfontein vandag waarin Pieter Doorewaard en Phillip Schutte onskuldig bevind is aan die moordklagte teen hulle.

Hierdie saak was van die begin af in omstredenheid gehul weens die gebrekkige getuienis wat die staat aanvanklik voor die hof gebring het.

Die staat se hoofgetuie het homself deurlopend weerspreek en kritieke inligting wat deur die verdediging in die hof geopper is, is skynbaar nie tydens hul aanvanklike verhoor na behore in ag geneem nie.

Die feit dat hierdie twee jong mans en hul families vir drie jaar ongekende trauma en ontwrigting moes deurstaan, is skreiend.

Hierdie uitspraak skep nou die geleentheid dat ware geregtigheid kan geskied, en dat diegene wat verantwoordelik was vir hierdie skending van Doorewaard en Schutte se menseregte sowel as die geloofwaardigheid van Suid Afrika se regstelsel, strafregtelik en siviel tot verantwoording geroep kan word.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.