Die VF Plus verwelkom die bedanking van Emfuleni (Vanderbijlpark) se burgemeester, Mahole Simon Mofokeng, sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid vir Emfuleni.
Mofokeng se bedanking is gister amptelik deur die ANC se provinsiale komitee aanvaar nadat hy op verpligte verlof geplaas is deur die Emfuleni-stadsraad. Mnr. R. Thema is intussen as waarnemende burgemeester aangewys.
Volgens Senekal sal Mofokeng waarskynlik later voor die munisipaliteit se komitee vir integriteit verskyn.
“Sy bedanking spruit glo voort uit ‘n polisieondersoek rondom ‘n aanklag van seksuele aanranding teen Mofokeng waarby ‘n 14-jarige meisie na bewering betrokke is.
“Ek en die polisie ondersoek sedert Oktober vanjaar hierdie bewering nadat ek inligting en foto’s ontvang het. Die Vryheidsfront Plus het reeds in vorige verklarings hul afsku in die burgemeester se gedrag uitgespreek en verwelkom sy bedanking,” sê Senekal.
Kontaknommer: 076 616 2124