Die VF Plus het die diskwalifisering van die EFF se kandidaat in wyk 7 van Pretoria, Thabo Mabotja, verwelkom.
Die verkiesingshof het Mabotja gediskwalifiseer omrede hy op sy Facebook-profiel die uitlating gemaak het dat: "All white people must be hacked and killed". Die hof het ook beslis dat hy die inskrywings moet verwyder.
Die VF Plus se LPW in Gauteng en Pretoria streeksleier, mnr. Philip van Staden, het gesê die VF Plus is verheug oor Mabotja se diskwalifisering uit eerskomende Woensdag se verkiesing en dat hierdie optrede 'n duidelike boodskap aan die EFF stuur dat partye en kandidate nie wilde uitsprake kan maak soos hulle wil nie en dat hul verantwoordelik moet optree.
"Ek sidder om te dink watse uitsprake hierdie man sou gemaak het as hy as 'n raadslid tydens hierdie verkiesing verkies wou word. Verkose politici en kandidate kan nie net voor die voet mense aanhits om ander mense te vermoor nie en moet behoorlik vasgevat word."
Die VF Plus voel dat rassespanning in die land reeds 'n kookpunt bereik het en dat sulke onverantwoordelike uitsprake net meer spanning tussen verskillende bevolkingsgroepe aanhits.
"Leiers van gemeenskappe tree verantwoordelik op. Wat hierdie man gedoen het is onverskoonbaar."
Tel: 084 0154 722 of 011-498 5477
epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za