fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-saak oor kriminele klagte teen Lesufi vorder

Kriminele klagtes van aanhitsing tot geweld en intimidering wat die VF Plus vroeër die maand gelê het teen die Gautengse LUR vir basiese onderwys, Panyaza Lesufi, word ondersoek en die dossier sal na voltooiing voorgelê word aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys en Gautengse leier van die party.

Dit volg op ‘n onlangse voorval by die Koeitjies en Kalfies-kleuterskool in Centurion waar ‘n swart kind alleen by ‘n bankie gesit en eet het. Lesufi het die skool later besoek en ‘n groot herrie daarvan gemaak.

Hy het sy besoek met 26900 Twitter-volgelinge gedeel en het die skool sonder meer van rassisme beskuldig voordat die voorval enigsins ondersoek is.

Hy het die adres van die kleuterskool getwiet, asook foto’s van kleuters waarin hulle duidelik geïdentifiseer kon word met die woorde; “I don’t play marbles with racists”.

Adv. Alberts sê dit is verblydend dat die polisie die saak ernstig opneem gegewe die beskerming wat Lesufi van die ANC kry.

“Dit is ‘n groot onreg wat hy aan die kleuterskool gedoen het toe hy soos ‘n boelie ‘n paar vrouens en kinders gaan intimideer het met sy rassistiese houding. Die VF Plus sal sorg dat die saak tot op sy einde gevoer word.

“Lesufi het sonder twyfel 'n gevaarlike omgewing geskep vir die kleuters en die kleuterskool wat bewys is bewys deur die reaksie van een sy Twitter-volgelinge wat 'n gewelddadige foto van die film “Django Unchained” getwiet het wat geweld tussen verskillende rasse uitbeeld.

“Die Grondwet en die Kinderwet, Wet 38 van 2005, maak dit duidelik dat dit ‘n oortreding is om kinders leed aan te doen, hetsy fisiek, emosioneel of op ‘n morele grondslag. Kinders kan ook nie in 'n potensieel gevaarlike situasie geplaas word nie.

“Dit het Lesufi hier gedoen, en hy moet tot verantwoording geroep word,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.