Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus versoek Gautengse polisiekommissaris om nuwe vuurwapenlisensie-aansoeke te skei en meer personeel beskikbaar te stel

Die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, het die VF Plus se voorstel dat vuurwapenlisensie-aansoeke wat tydens die laaste amnestie-periode ingedien is, geskei moet word van nuwe vuurwapenlisiensie-aansoeke, gunstig ontvang.

Agterstallige administrasiewerk sal dus vinniger afgehandel kan word.

Die VF Plus se voorstel volg nadat slegs 60% van vuurwapenlisensie-aansoeke in Gauteng die afgelope finansiële jaar verwerk kon word.

Die amnestie-periode het ook personeel se administratiewe las verhoog wat agterstande met die verwerking van vuurwapenlisensie-aansoeke meegebring het.

Die VF Plus het die kommissaris daarop gewys dat die polisie in Gauteng nie by die 90 dae amnestie-periode gehou het nie en sodoende hul eie direktiewe verontagsaam het.

Die VF Plus is van mening dit is onregverdig om wetsgehoorsame burgers te straf vir administratiewe probleme wat hulle die reg tot selfverdediging ontneem.

Die Gautengse polisiekommissaris het geen ander keuse as om dringend stappe te neem ten einde die tekortkominge aan te spreek nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.