Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom bekragtiging van interim-hofbevel teen onwettige grondbesetters by Mooibank, Potchefstroom

Die VF Plus verwelkom die hooggeregshof in Mahikeng se bekragtiging van die interim-hofbevel teen onwettige grondbesetters by Mooibank, Potchefstroom.

Die interim-bevel is reeds op 15 Januarie 2021 toegestaan nadat die VF Plus op 12 Januarie ingegryp het en die owerhede onmiddellik oor die grondbesetting ingelig het. Die VF Plus het ook die departement van landbou, wat ‘n gedeelte van die grond besit, bygestaan om klagte teen die besetters by die polisie in te dien.

Die betrokke grond is in ‘n gebied waar intensiewe landbou bedryf word en behoort onderskeidelik aan die munisipaliteit en die plaaslike landboukollege onder beheer van die departement van landbou.

Die uitvoering van die hofbevel is egter onderworpe aan die opskorting van die heersende inperkingsregulasies. Geen besetters sal dus fisiek van die grond verwyder word voor die beëindiging van die staat van inperking nie.

Die VF Plus sal voortgaan om die situasie te monitor om seker te maak dat die owerhede geen verdere besetting op die grond toelaat nie.

Navrae: 083 291 5199

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.