Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verseker groot oorwinning vir Ekurhuleni-inwoners

Volgehoue druk van die VF Plus en die gemeenskap het daartoe gelei dat die Ekurhuleni-metro besluit het om die kragaansluitingsfooi van R1 725 te skrap.

Inwoners moes voor die afskaffing van die heraansluitingsfooi R1 725 betaal wanneer die kragkabels na hul wonings gesteel is. Dit het basies die inwoners gestraf vir kabeldiewe se misdadigheid.

Die VF Plus is oorval met klagtes van inwoners wat ʼn rekening vir die heraansluitingsfooi ontvang het. Baie inwoners wat nie die geld gehad het om die fooi dadelik te betaal nie, is lank sonder krag gelaat.

Die party het in ʼn brief die situasie aan die burgemeester, mnr. Nkosindipjile Xhakaza, verduidelik en het ook persoonlik met hom daaroor in gesprek getree.

Die burgemeester het aan die VF Plus se versoek gehoor gegee en in sy stadsrede bevestig dat die fooi vanaf 1 Julie afgeskaf word.

Die oorwinning sou nie bereik kon word sonder die inwoners wat bereid was om saam met die VF Plus daarteen op te staan nie.

Die VF Plus bedank me. Tracey Serfontein wat met haar aktivisme die onregverdigheid van die saak onder mense bekend gemaak het.

Die party bly daartoe verbind om in die raadsaal en op grondvlak te veg vir regverdigheid, deursigtigheid en die verantwoordelike bestuur van die Ekurhuleni-metro.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.