fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel misdadigheid gedurende studentebetogings

Die VF Plus veroordeel die misdadige optrede wat die afgelope tyd by verskeie hoër onderwysinstellings in die land onder die vaandel van sogenaamde vreedsame protesaksie plaasgevind het.

Studente is onder meer ongelukkig oor die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS), se nuwe aanlynbetalingstelsel, die deregistrasie van studente vanaf die skema weens wanprestasie en ʼn oponthoud met betalings.

Hierdie instellings is veronderstel om protes-protokolle in plek te hê. Dit is klaarblyklik nie voldoende om die misdadige optrede van oproerige studente en misdadige elemente wat hulle by hierdie aksies aansluit, te voorkom of stop te sit nie

Hoër onderwysinstellings moet in samewerking met die polisie toesien dat protesaksies op hul kampusse in bedwang gehou word.

Protesaksies wat van kampusse af beweeg en eiendom beskadig en menselewens bedreig, moet as oproerige byeenkomste ingevolge die wet deur die polisie benader word.

Die jongste voorval is waar mr. Hendrik Bisschoff gister ernstig beseer is toe hy in die gesig getref is met ʼn baksteen wat deur sy voertuigruit gegooi is.

Dit is glo gedoen deur studente van die Universiteit van die Vrystaat.

Die VF Plus raai lede van die publiek, wat deur gewelddadige protesoptrede geraak is, aan om strafregtelike klagte by die polisie in te dien.

Wanneer die reg tot protesaksie só misbruik word dat dit in misdadigheid ontaard, word daardie reg verbeur. Die skuldiges moet soos enige ander misdadiger voor die reg behandel word.

Die ANC-regering het ʼn kultuur van misdadigheid onder die jongmense van Suid-Afrika gekweek en dit kan nie langer geduld word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.