Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel gewelddadige staking van munisipale werkers wat noodsaaklike dienste lamlê

Die ontwrigting van noodsaaklike munisipale dienste deur ongedissiplineerde en gewelddadige stakers van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp), word ten sterkste veroordeel.

Die staking word gekenmerk deur intimidasie, vandalisme van munisipale eiendom en selfs die verlamming van nooddienste in die dorp.

Die brandweerstasie is tans onbeman en dit blyk dat lede van ander nooddienste soos gemeenskapsveiligheid hulle by die stakers aangesluit het.

Daar was selfs pogings om lede van die publiek en nie-stakende amptenare by die stad se lisensiekantoor aan te hou.

Daar is intussen gereël dat die plaaslike weermagbasis se brandweer op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas word om die gemeenskap by te staan.

Soortgelyke voorvalle van onwettige optrede deur munisipale amptenare kom reeds vir ‘n geruime tyd sporadies voor. Dit blyk dat daar ‘n totale verval van moreel, werksetiek en ‘n basiese sin vir diensbaarheid onder munisipale amptenare in die JB Marks-munisipaliteit heers.

Die VF Plus dring daarop aan dat die munisipale bestuur die volle mag van die arbeids- en ander wetgewing tot hul beskikking toepas om dissipline in die munisipaliteit te herstel.

Dit kan nie toegelaat word dat inwoners verder moet ly en selfs bedreig word deur die optrede van misdadige elemente in die munisipaliteit nie.

Om telkens sulke onwettige optrede oor te sien en straffeloos te laat voortgaan, sal net die vernietiging van ‘n reeds wankelende munisipaliteit teweegbring.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.