Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kemptonpark kry nuwe kragnetwerk

Die koalisieregering van die Ekurhuleni-metroraad, waarvan die VF Plus deel is, is besig om ‘n nuwe kragnetwerk vir Kemptonpark te installeer wat die afgelope maande kragonderbrekings ervaar.

Fase een van die projek, wat deel is van die metro se aansuiweringsbegroting, het reeds begin en sal tot aan die einde van die huidige finansiële jaar duur.

Met die fase een-projek sal ‘n kabel van 3km tussen die Spartan- en Van Riebeeck-substasies geïnstalleer word en ‘n verdere 5km-kabel tussen die Aston Manor- en Cargo-substasie.

Die projek sal teen ‘n bedrag van R200 miljoen oor ‘n tydperk van drie jaar voltooi word.

Die vorige ANC-beheerde metroraad het nooit Kemptonpark se kragnetwerk na behore onderhou nie en die bestaande 66kV-oliegevulde kabels is meer as 50 jaar gelede geïnstalleer.

Die VF Plus het die afgelope maande verskeie instansies, soos ouetehuise, wat vir lang periodes sonder krag was, gehelp met tydelike kragverbindings.

Hierdie projek is ‘n bewys dat die koalisieregering van Ekurhuleni verbind is tot die vooruitgang van die metro en om dit in ‘n aantreklike beleggingsgebied te omskep en om ondernemings wat die metro verlaat het weens die gebrekkige infrastruktuur en swak dienslewering, terug te lok.

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.